Discover new books each day!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Ys - cover

Ys

Rudie van Rensburg

Publisher: Queillerie

  • 0
  • 2
  • 0

Summary

Kassie Kasselman en Rooi Els bevind hulle in die Spesiale Spookeenheid – ’n elite groep van die SAPD. Maar as oud-stasiespeurders word hul vaardighede ernstig bevraagteken deur hul nuwe bevelvoerder. Wanneer ’n Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit ’n gulde geleentheid om hul staal te wys, tussendeur ’n Washington-gekonkel, ’n oud-Pollsmoor-gevangene op vrye voet in Kaapstad en duisterhede in hul bevelvoerder se persoonlike lewe. En dan is daar die man met Die Drang . . . en sy kettingsaag. Ysingwekkende oomblikke wag op Kassie en Rooi.

Other books that might interest you

  • Man met die donker bril - cover

    Man met die donker bril

    Gert Basson

    • 0
    • 1
    • 0
    Man met die donker bril vlek die ruwe, meedoënlose en patetiese wêreld van die grootstad oop – ‘n realiteit wat sekerlik bestaan en wat hier lewend uitgebeeld word.    
    Don. Max. Herklaas. Kitty. Grace …   tien besondere mense in ‘n rou verhaal oor die drifte, moord en dryfvere van mense in die grootstad.
    Show book
  • Die dood van 'n goeie vrou - cover

    Die dood van 'n goeie vrou

    Chris Karsten

    • 0
    • 3
    • 0
    Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en ​meer onlangs, Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van ’n raaiselagtige moord. In ’n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee en weldoener van die gemeenskap, dood gevind met engelvlerke aan. Haar man is die hoofverdagte maar dan forseer die polisiehoof haar om elders oplossings te vind. Hoekom? Te midde van kantoorpolitiek vind Ella boonop uit daar is ’n rooikop wat by haar geliefde Lou uithang. Haar ou vrese borrel na bo: wie kan sy vertrou en wie nie? En hoekom op aarde word Fred Lange skielik as ’n beter speurder as sy beskou? ​Die dood van ’n goeie vrou het ’n storielyn wat die slimste leser sal fnuik. Chris Karsten op sy beste.
    Show book
  • Labirint - cover

    Labirint

    Chanette Paul

    • 0
    • 3
    • 0
    Sy gaan ophou vlug van haar eksman en haar verlede en sy gaan dit doen op Leeuwendrift waar sy as verworpeling grootgeword het. Dít besluit Vasti de Leeuw toe haar meenthuis gevandaliseer en ’n besending van haar skilderye vernietig word.Om die verlede te trotseer, is egter nie so maklik nie. Daar is die onlangse verlede waarin sy haar vermoë om ernstige kuns voort te bring, verloor het. Haar nagmerrie-huwelik en die verwoestende gevolge daarvan. Daar is haar kinderdae toe sy in die skaduwee van sowel ryk, dominerende Leon de Leeuw as haar Hollander-oupa gestaan het. Ook die verre verlede waaruit die legende van die leeuman gespruit het; die begin van die twis tussen die Bredells en die De Leeuws. In die hede vaar sy nie veel beter nie. Sommer die eerste dag al begin haar eksman haar weer treiter. Sy is ook skaars ’n week in haar oewerhuis op Leeuwendrift toe een van die inwoners van De Koppe, ’n rykmansbuurt waar die uitruil van seksmaats die reël eerder as die uitsondering is, in verdagte omstandighede sterf. Vasti besef gou sy is baie meer betrokke as wat sy kon vermoed. Veral toe die ontbinde lyk van ’n man naby haar huis ontdek word. Dan sterf nog ’n vrou op agterdogwekkende wyse. En dié is nie die laaste slagoffer nie.Die net begin ál nouer om Vasti trek, want elkeen van die sterftes hou op die een of ander manier verband met haar, haar kuns en die mans in haar lewe.Vasti besef die sleutel om die geheimenisse van die hede te ontsluit, lê in die verlede. Ook dat sy die een is wat die minotaurus in die doolhof sal moet aandurf, met of sonder ’n tolletjie gare. Dat sy die doolhof sal moet vereenvoudig tot ’n labirint.Dit is natuurlik die laaste ding wat die moordenaar kan toelaat. Vasti se vlammetjie sal om meer as een rede gesnuit moet word. Labirint is ’n spanningsroman wat die donker kant van die psige ondersoek, boosheid blootlê waar dit nie vermoed is nie en goedheid waar dit diep verborge is.
    Show book
  • Uittreestrategie: ’N Katerina Carter-Misdaadroman Deur Colleen Cross - cover

    Uittreestrategie: ’N Katerina...

    Colleen Cross

    • 0
    • 1
    • 0
    Diamante, gevaar, verdwyning en bedrog... ’n Katerina Carter-misdaadroman 
    
    
    Bedrogspeurder, Katerina Carter, het geen benul wanneer om die handdoek in te gooi nie, en dit laat haar dikwels in deurmekaar en gevaarlike situasies beland. Noudat die werk skaars is en haar geld vinnig opraak, het Kat kliënte nodig; anders sal sy noodgedwonge op haar knieë moet terugkruip na haar hokkie by die firma waar sy gewerk het. En vir Kat is hierdie lot erger as skuld. 
    
    
    Wanneer Liberty-diamantmyn se uitvoerende hoof, Susan Sullivan haar dus huur om Liberty se verdwene finansiële bestuurder en ’n groot bedrag verduisterde geld op te spoor, is sy baie gretig om die werk te aanvaar. Rampsalige armoede is goeie motivering om moeilike sake aan te vat, maar haar opwinding verander gou in angs toe twee werknemers van die maatskappy brutaal vermoor word. Kat besef dat die ondersoek dalk gevaarliker is as wat sy verwag het. 
    
    
    En asof dinge nie ingewikkeld genoeg is nie, ontdek sy ’n sinistere skakel tussen Liberty, bloeddiamante en georganiseerde misdaad. Sy moet net bewyse kry en uit die moordenaars se pad bly om die ware misdadigers aan die kaak te stel. Met die hulp van haar vriende en ’n eksentrieke oom, moet Kat bontstaan of haar eerste saak is moontlik ook haar laaste...
    Show book
  • Vermis op Allesverloren - cover

    Vermis op Allesverloren

    Anchien Troskie

    • 0
    • 2
    • 0
    "Die rykes kyk na mekaar, die armes moet na hulleself omsien. Of alle klein dorpies dit doen, weet ek nie, maar Allesverloren doen dit beslis. Aanmekaar. En die ergste van alles is dat hulle dit nie eens meer agterkom nie. Dit word net van geslag tot geslag so aangegee. Jy raak gewoond daaraan om saam met jou kliek te swem om bo te bly. Ek dink tannie Erta het moeg geraak vir swem. En omdat sy verkies het om anders te leef, het hulle haar verwerp."
    Wanneer Melinda een oggend opstaan, het haar tante Erta eenvoudig spoorloos verdwyn. Hoekom lê die skêr, verf en karton nog op die kombuistafel asof sy onderbreek is? Waarom het sy nie ’n briefie gelos soos sy altyd maak nie? Jare gelede is Erta deur die dorpenaars as ’n heks gebrandmerk oor haar kruierate en eksentrieke gedrag, veral nadat Oudominee begin het met sy vendetta teen haar. Melinda vermoed onraad en al plan wat sy het is om Barrie Barnard, privaatspeurder en buitestander, in te roep om Erta te vind voor dit te laat is.
    Show book
  • Die Owerspel van Riaan Rabe - cover

    Die Owerspel van Riaan Rabe

    Dirk Lotriet

    • 0
    • 1
    • 0
    “Niemand gaan seerkry nie,” sê Nita Versteeg voordat sy Riaan Rabe op ‘n wilde wipwaentjierit van owerspel en selfontdelling neem. Dis die resep vir selfvernietiging, weet Riaan, maar niemand hunker so veel na selfverwoesting soos hy self nie.
    
     
     
    
     
    WAARSKUWING: Die Owerspel van Riaan Rabe bevat seksueel eksplisiete tonele. Ofskoon dit smaakvol aangebied word, is dit nie geskik vir minderjarige lesers nie.
    
     
     
    
     
    Riaan Rabe is ‘n suksesvolle versekeringsdeskundige, lojale egenoot en uitstekende vader. Maar dan word hy voor die grootste versoeking van sy lewe geplaas. Sy uitdaging kom in die vorm van ‘n paar pragtige boudjies aan ‘n pragtige 27-jarige verleidster. Aanvanklik verset Riaan hom teen die paradys-appel wat in sy skoot val, maar gaandeweg begin sy weerstand verkrummel…
    
     
     
    
     
    Die Owerspel van Riaan Rabe is ‘n diep menslike verhaal van ‘n man wat besef dat sy eie sukses net te danke is aan die genade dat hy nog nooit voorheen deur sy eie swakheid gekonfronteer is nie.
    
     
     
    
     
     
    Show book