Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Die naaimasjien en ander stories - cover

We are sorry! The publisher (or author) gave us the instruction to take down this book from our catalog. But please don't worry, you still have more than 500,000 other books you can enjoy!

Die naaimasjien en ander stories

Rachelle Greeff

Publisher: Tafelberg

  • 0
  • 0
  • 0

Summary

Jy sien op straat ʼn gesig, jy herken ʼn gebaar, byvoorbeeld die manier waarop iemand ʼn sigaret aansteek, of hoe die wind gordyne deur ʼn oop venster ʼn vertrek laat inbol, en jy weet – plotseling – dat die belangrikste goed in jou lewe reeds gebeur het. Dit kan wees dat jy jou misgis, en wie weet, dalk staan jy eintlik maar net voor die grootste misterie van jou ganse lewe, maar iets . . . iets, weet jy, is vir altyd verby. ʼn Kameraman word wakker langs ʼn jong bloemiste wie se hande na begrafnisblomme ruik; op ʼn Karoodorp lei ʼn Britse skrywer se liefde vir woordspeletjies tot die heel verste grens; ʼn polisieman wonder oor die inhoud van ʼn beige handsak wat hy op ʼn misdaadtoneel gekry het; ʼn bejaarde vrou wag op die koper van die naaimasjien waarmee sy ʼn hele lewe aanmekaargestik het. Rachelle Greeff is een van die akkuraatste registreerders van hierdie beslissende lewensmomente, daardie drumpel tussen dit wat verby is en die skitterende duisternis wat wag. En in verhaal ná verhaal wring sy die leser se hart presies om daardie goed wat nooit verbygaan nie.
Available since: 09/16/2015.

Other books that might interest you

  • Betowerde woud - die konfraternisering - cover

    Betowerde woud - die...

    LS Morgan

    • 0
    • 0
    • 0
    Kortverhaal vir kinders en jongmense, oor vriendskap en kameraadskap. Twee broers durf hul groot tannie se plaas aan en wat hierdie kinders sal ervaar, is die gevoel om in `n betowerde woud te wees, `n dag van avontuur, towerkrag, lekker lag en pret te hê.
    Show book
  • Betowerde Woud - Die Konfraternisering - cover

    Betowerde Woud - Die...

    LS Morgan

    • 0
    • 0
    • 0
    'n Kortverhaal deur LS Morgan
    
    Kortverhaal vir kinders en jongmense, oor vriendskap en kameraadskap. Twee broers durf hul groot tannie se plaas aan en wat hierdie kinders sal ervaar, is die gevoel om in 'n betowerde woud te wees, 'n dag van avontuur, towerkrag, lekker lag en pret te hê.
    Show book
  • Trane En Karmosyn Fluweel - ‘N Erfenis Van Die Maskerverhaal - cover

    Trane En Karmosyn Fluweel - ‘N...

    A L Butcher

    • 0
    • 0
    • 0
    Wanneer moord en raaisel by die Operahuis begin, weet een vrou wie daaragter sit, en wat werklik onder die masker lê. Geheime, leuens en tragedie sing 'n kragtige lied in hierdie 'might have been'-verhaal.
    Trane en bloedrooi fluweel
    Mev Giry bevind haarself in die tragedie wat by die Operahuis afspeel; misterie en moord bekruip die gange en, word gesê, 'n spook spook die plek. Giry ken die waarheid, want sy onthou die ingehokte man wat sy soveel jare gelede ontmoet het. Dit is haar storie, hulle storie. 
    
    
    Wanneer moord en raaisel by die Operahuis begin, weet een vrou wie daaragter sit, en wat werklik onder die masker lê. Geheime, leuens en tragedie sing 'n kragtige lied in hierdie 'might have been'-verhaal. 
    
    
    ’n Kort, tragiese verhaal gebaseer op karakters uit Phantom of the Opera. 
    
    
    Wenner van die NN Light Book Heaven-toekenning vir beste kortverhaal 2020.
    Show book
  • Tien Lukrake En Baie Kort Kortverhale - No Subtitle - cover

    Tien Lukrake En Baie Kort...

    Martin Lundqvist

    • 0
    • 0
    • 0
    Beskrywing van die bundel: 
    
    
    Die bundel bevat tien lukrake kortverhale. Van die kortverhale is snaaks, ander is afgryslik, maar die meeste van die kortverhale is bloot vreemd.
      
    
    
    Die bundel bevat die volgende kortverhale: 
    
    
    100 Tinder Dates 
    
    
    Moord op die Ghan 
    
    
    ‘n Sprokies-troue 
    
    
    ‘n Hoëvlak-tenniswedstryd! 
    
    
    Nuuskierigheid het die kat gered 
    
    
    Geldwassery in die wassery 
    
    
    Die soeke na die sluier van Pachamama 
    
    
    Die eerste menslike kloon 
    
    
    Die Burgemeester van Mayonnaise landgoed 
    
    
    Onheil in die biblioteek
    Show book
  • Eggo's Van 'n Lied - Legaat Van Die Masker Verhale - cover

    Eggo's Van 'n Lied - Legaat Van...

    A L Butcher

    • 0
    • 0
    • 0
    Legaat van die Masker Verhale 
    
    
    Waansin, obsessie en die legaat van die verlede verweef hul towerspreuke in hierdie kort, tragiese verhaal gebaseer op die Phantom of the Opera. 
    
    
    ’n Dosyn onstuimige jare ná die dramatiese gebeure by die Paryse Operahuis word Raoul, Comte de Chagny steeds deur die misteriese Operaspook gespook – die skepsel van legende wat personeel by die Operahuis onder sy knegskap gehou het, Raoul se minnares ontvoer en sy broer vermoor het. In Raoul se onrustige verbeelding is die spoke van die verlede oral, en vreemde en kragtige musiek besoek steeds in sy drome.
    Show book
  • Sing Ons Nou Van Kersfees - cover

    Sing Ons Nou Van Kersfees

    Michael D. Young

    • 0
    • 0
    • 0
    Kersliedere gee die gees van Kersfees weer soos niks anders kan nie, en Sing ons nou van Kersfees gee lewe aan geliefde Kersliedere soos nog nooit tevore nie. 
    
    
    Stap in die voetspore van die goeie koning Wenceslas. Ervaar van nuuts af die klokke op Kersdag. Reis saam met 'n soldaat wat sy stem verloor het, wanneer hy deel word van die wonderwerk van Stille Nag. Ervaar al hierdie, en nog meer, in die innige, onderhoudende verhale wat bygedra is deur 'n groep skrywers vanoor die hele V.S.A., wat saamgespan het vir 'n goeie doel.* 
    
    
    Die versameling, wat 25 verhaaltjies bevat, een vir elke dag tot en met Kersdag, staan op die punt om 'n nuwe Kerstradisie vir jou en jou gesin te begin! 
    
    
    * Alle inkomste uit die verkope van die boek word geskenk aan die nasionale Downsindroomvereniging van die V.S.A.   
    Show book