Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Speurder Kwaaikofski 10: Monsters maanlig en mottegif - cover

We are sorry! The publisher (or author) gave us the instruction to take down this book from our catalog. But please don't worry, you still have more than 500,000 other books you can enjoy!

Speurder Kwaaikofski 10: Monsters maanlig en mottegif

Jürgen Banscherus

Translator Kobus Geldenhuys

Publisher: Human & Rousseau

  • 0
  • 0
  • 0

Summary

Kwaaikofski is g’n amateur nie – hy verkies om agter die skerms te werk. Maar in sy nuutste ondersoek beland hy in die kollig op die verhoog! Drie akteurs met hoofrolle in die skoolopvoering het onder vreemde omstandighede bedank . . . En net die mees talentvolle speurder in die dorp sal nou die skoolfees kan red!

’n Opwindende speurreeks vir beginnerlesers! Die eenvoudige woordeskat, lewendige illustrasies en spannende intriges sorg dat Kwaaikofski se avonture gewild bly.
Available since: 05/28/2015.

Other books that might interest you

  • Afrikaanse Kinder Stories - cover

    Afrikaanse Kinder Stories

    Hennie Reyneke

    • 0
    • 0
    • 0
    Hierdie oudio boek bestaan uit 21 kort Afrikaanse stories vir kinders.   
    Die meeste van die stories gaan oor diere, maar daar is twee wat oor kinders gaan. 
    Die stories behoort reg te wees vir seuns en dogters van so 4 tot so 10 jaar oud.   
    Daar is geen wrede, vulgêre of bangmaak dele in die stories nie. Die stories is redelik realisties behalwe vir diere wat kan praat en een storie van ‘n ruimtemannetjie. Die stories gaan nie oor hekse, towenaars, monsters, spoke, zombies, oorlog, geloof, politiek, of bisarre en vreemde goed nie. 
    Die totale lengte is 1 uur en 6 minute. Hier volg die titels en lengtes van die stories: 
    01 Karel die Krimpvarkie - 3:15 
    02 Pinkie die Olifantjie - 2:30 
    03 Gogga en Spinnie - 3:07 
    04 Kosie en Kokkie - 2:16 
    05 Manie die Mol - 3:13 
    06 Jasper die Leeu - 3:02 
    07 Paco die Pikkewyntjie - 4:12 
    08 Nina en Sarel - 4:19 
    09 Skrikkie en Skillie - 3:12 
    10 Pokkel die Eekhoring - 2:23 
    11 Seppie die Katjie - 2:31 
    12 Wie het op Carla se Kop Gepiepie? - 2:53 
    13 Kolie die Koalatjie - 2:34 
    14 Bobbie die Bobbejaantjie - 3:27 
    15 Bennie die Bokkie - 3:42 
    16 Frikkie die Vissie - 2:48 
    17 Vlakkie die Vlakvarkie - 4:46 
    18 Bakkies die Boesman - 3:33 
    19 Jaco die Meerkatjie - 3:13 
    20 Estelle is Bang vir die Donker - 1:57 
    21 Kallie en Zonie - 4:03
    Show book
  • Oupa Zombie - cover

    Oupa Zombie

    Jaco Jacobs

    • 0
    • 0
    • 0
    Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reis-programme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan hulle op die koop toe ook hulle droom bewaarheid om die Victoriawatervalle en Egipte te siene kry!Met Jacobs se sonderlinge kombinasie van humor en die deernisvolle uitbeelding van gesins- en ander verhoudinge, is dit nie moeilik om te verstaan waarom hy die topverkoper-kinderboekskrywer in Suid-Afrika is nie.
    Show book
  • Donker Begeertes - cover

    Donker Begeertes

    Ronel Janse van Vuuren

    • 0
    • 0
    • 0
    Yster en feë is nie vriende nie. 
      
    Tog het Tasha geen ander keuse as om in die mense-wêreld te wees nie: haar lewe is op die spel. 
      
    Hoërskool is egter nie veel veiliger as Feërie nie. Cliques, verlief raak en dag-tot-dag aktiwiteite navigeer, is gevaarlik genoeg sonder om te vrees vir ontmaskering as 'n wese van 'n ander wêreld. 
      
    Maar wanneer iets gebeur en almal hul ware self openbaar, het Tasha 'n keuse om te maak: sal sy hulle red van die vloek op hulle en haar ware aard openbaar, of sal sy hulle laat doodgaan en self veilig bly? 
      
    Gebruik die skuifbalk boontoe om uit te vind hoe Tasha die omwenteling van haar wêreld hanteer. 
      
    *Hierdie is die eerste boek in die Donker Hof Susters reeks.
    Show book
  • Dagboek Van 'n Perdmal Meisiekind - cover

    Dagboek Van 'n Perdmal Meisiekind

    Katrina Kahler

    • 0
    • 0
    • 0
    Volg die avonture van Abbie en haar eerste ponie, Vonk, ‘n pragtige volbloed, in haar dagboek. Ja, sy is mal oor perde, en wanneer sy haar eerste ponie kry word al haar drome waar… 
    
    
    “Toe ek Vonk vir die eerste keer sien, het ek geweet sy is die regte ponie vir my! Die oomblik toe ek haar oor die weikamp sien handgalop, dink ek het altwee van ons geweet ons hoort bymekaar. Maar ek was nie voorbereid op die opwindende avonture wat vir ons voorgelê het nie.” 
    
    
    My Eerste Ponie neem jou op ‘n rit vol pret, vriendskappe, en selfs byna ‘n ramp. Dit is die ware verhaal van ‘n absoluut-perdmal meisie en ‘n pragtige volbloed met die na 
    
    
    Ek is mal oor perde! 
    
    
    Katrina
    Show book
  • My Ma is Wonderlik - cover

    My Ma is Wonderlik

    Shelley Admont, Books KidKiddos

    • 0
    • 0
    • 0
    In hierdie aangrypende slaaptyd storie, beskryf 'n dogtertjie waarom haar ma wonderlik is. Ons sien hoe sy deur haar dag gaan, met die warmste gevoel oor haar ma.
    Haar Ma weet altyd hoe sy voel en kan help met enige probleem. Ma kan die moeilikste vlegsel maak en breukdele verduidelik; Ma help haar om op te staan in die oggend en druk haar styf vas as sy hartseer is.
    Met pragtige illustrasies en 'n boodskap waarmee almal kan vereenselwig, is dit 'n perfekte boek vir kinders en hul ma's.
    Show book
  • Die Wiele - Die Vriendskap Resies - cover

    Die Wiele - Die Vriendskap Resies

    Inna Nusinsky, Books KidKiddos

    • 0
    • 0
    • 0
    Wat is vriendskap? Sluit aan by drie goeie vriende soos hul ontdek wat regte vriendskap beteken. Hulle begin 'n resies, maar besluit om dit saam te voltooi en 'n vriend te help wat in die moeilikheid beland. Hierdie boek leer kinders positiewe vriendskapsvaardighede soos mededeelsaamheid, ondersteuning, en hoe om mekaar te help. 
    Show book