Join us on a literary world trip!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Subscribe to read the full book or read the first pages for free!
All characters reduced
Hand van vergelding - cover

We are sorry! The publisher (or author) gave us the instruction to take down this book from our catalog. But please don't worry, you still have more than 500,000 other books you can enjoy!

Hand van vergelding

Hugo Le Roux

Publisher: Hugo le Roux

  • 0
  • 1
  • 0

Summary

Boeiende verhaal oor die Mafia! Hugo le Roux kry as speurder vir die eerste keer met die werklikheid van die Mafia te doen. Die verhaal laat mens besef dat die Mafia binne Suid Afrika ‘n moontlikheid is. Hugo le Roux probeer misdade waarby die Mafia betrokke is, voorkom, maar hulle tegnieke is nuut vir hom. Voordat hy sukses kan bereik moet baie mense eers met hul lewens boet. ‘n Heerlike ontspanningsroman met genoeg van alles – spanning, romanse en as ‘n bonus ‘n uitbreiding van die algemene kennis oor dié gevreesde misdaadsindikaat.
Available since: 02/22/2017.

Other books that might interest you

  • Negentien Minute - cover

    Negentien Minute

    Jodi Picoult

    • 0
    • 0
    • 0
    "Hoe goed ken 'n mens werklik jou gesinslede of enigiemand anders? Hoe vernietigend is groepsdruk, hoe intimiderend die behoefte aan tuishoort?" – Deborah Steinmair, joernalis en skrywer.
    Nadat hy jare lank wreed verbaal en fisiek deur klasmaats geboelie is, knak die 17-jarige Peter Houghton een oggend. Binne slegs negentien minute sterf tien inwoners van die dorp Sterling in Amerika.
    Die geskokte gemeenskap is vasberade dat geregtigheid moet geskied. Soos die hofsaak ontvou en Peter getuienis lewer, kom dit egter aan die lig dat die inwoners van Sterling 'n rol daarin gespeel het om 'n innemende, liefdevolle seun in 'n massamoordenaar te laat verander.
    In 'n era waarin boeliegedrag toenemend 'n probleem is, ook in Suid-Afrika, bring hierdie meesleurende boek talle insigte vir ouers, onderwysers en tieners.
    Show book
  • Doodsbleek - cover

    Doodsbleek

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    In Die bleek oortreder moet die gesoute speurder Bernie Günther 'n reeksmoordenaar vastrek wat paniek regoor Berlyn saai.
    Dit is 1938 en Duitsland wag angstig op die bevindinge van die München-konferensie. Onsekerheid hang in die lug: Hitler kan Europa dalk in 'n oorlog dompel. Vir Bernie is daar egter belangriker sake wat aandag verg. Hy ondersoek twee sake waar afpersing betrokke is: die een betrek 'n ryk weduwee, en die ander, homself.
    Terselfdertyd het dit op die lappe gekom dat die Kripo – Berlyn se misdaadpolisie – 'n onskuldige Jood gearresteer het vir die reeks wrede moorde in die stad. En hoewel die Kripo dié keer alles sal doen om die regte moordenaar vas te trek, is hulle weereens nie verhewe bo afpersing en manipulasie nie. Omdat Bernie onlangs aangestel is as Kripo-kommissar, moet hy die raaisel oplos – 'n ondersoek wat hom uiteindelik aan die heel donkerste kant van die menslike psige blootstel.
    Hierdie vertaling van The Pale Criminal is die tweede boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, nou vir die eerste keer beskikbaar in Afrikaans. Die vertaling van die derde boek in die reeks, A German Requiem, verskyn in 2019.
    Show book
  • Bloedsteen - cover

    Bloedsteen

    Irna van Zyl

    • 0
    • 0
    • 0
    Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor ’n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met ’n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in ’n luukse hotel op Hermanus.Hande om Storm te help met die ondersoek ná Beebee se dood is min, want protesaksie lê die dorp lam. Boonop sweep ’n charismatiese profeet die skare tot ’n histerie op.Storm besef gou dit is nie net haar ma se lewe wat in gevaar is nie. Sy is self ’n teiken.Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou ’n privaat speurder, om ’n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor.Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van ’n sneltrein.
    Show book
  • Doodslied vir Duitsland - cover

    Doodslied vir Duitsland

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    As 'n polisieman in Berlyn het inspekteur Bernie Günther reeds vroeg in die 1930's met boosheid kennis gemaak. Nou, in 1947, is die Tweede Wêreldoorlog verby en Bernie – 'n gesoute privaatspeurder – moet die moord op 'n Amerikaanse Nazi-jagter ondersoek. Maar daar is een gróót probleem: die vermeende moordenaar is een van Bernie se oudste vriende, 'n kollega uit sy Kripo-dae. Moet Bernie sy lojaliteit aan sy vriend bewys, of eerder seker maak dat reg en geregtigheid seëvier? Maar skuil daar nie dalk meer agter hierdie vreemde saak nie?
    In Wene, 'n eens weelderige stad wat nou in puin lê na afloop van die oorlog, volg Bernie verskeie leidrade wat almal na een verdagte lei: 'n oud-Gestapo-hoof met 'n lys van wandade wat die vergrype van die oorlog na kinderspeletjies laat lyk … Doodslied vir Duitsland, die Afrikaanse vertaling van A German Requiem, is die laaste boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, sy historiese speurreeks wat wêreldwyd 'n topverkoper is.
    Show book
  • Hans-Nazi's - cover

    Hans-Nazi's

    Philip Kerr

    • 0
    • 0
    • 0
    Berlyn, 1936. Hardebaard speurder Bernhard – "Bernie" – Günther word deur 'n miljoenêr-sakeman ingeroep om die moord op sy dogter en skoonseun op te los en waardevolle juwele wat tydens die inbraak gesteel is, te vind. Gewoonlik is Günther op die spoor van vermiste persone, maar in dié onstuimige politieke klimaat betree hy 'n donker onderwêreld waar misdaad, korrupsie en onderhandelinge met Nazi-leiers aan die orde van die dag is. Sy soektog ontbloot 'n skandaal wat hoëkoppe soos Hermann Goering en Heinrich Himmler betrek …
    Smerige nagklubs, smeulende filmsterre, oorvol lykshuise en onderonsies met die Gestapo lei uiteindelik tot 'n skokkende onthulling. Die roman speel af in Nazi-Duitsland – 'n milieu wat Kerr met vernuf skets.
    Dié Afrikaanse uitgawe van March Violets is die eerste boek in Kerr se Berlin Noir-reeks, sy eerste Bernie Günther-trilogie. Vertalings van die volgende twee romans in die reeks, The Pale Criminal en A German Requiem, verskyn in 2019.
    Show book
  • Oorwinning - Ann Se Oorlog - cover

    Oorwinning - Ann Se Oorlog

    Hannah Howe

    • 0
    • 0
    • 0
    Die oorlog is verby en Ann se gemeenskap is besig met voorbereidings vir die VE Dag vierings.  Maar, nie almal is in die bui om fees te vier nie.  Ann se man, Emrys, het uit Frankryk teruggekeer, ‘n skaduwee van die man wat hy eens was.  Wat het in Frankryk gebeur? Wat het so swaar op Emrys se gemoed geweeg? 
    
    
    Intussentyd, het Doris Michael vir Ann gehuur om haar broer Glyn op te spoor, ‘n man wat sy vir twee jaar glad nie gesien het nie.  Wat het met Glyn gebeur? En watse sleutelrol het hy gespeel wat die uitkoms van die oorlog sou bepaal? 
    
    
    Terwyl Ann na antwoorde soek, besef sy dat al was die oorlog verby, die ware geveg het maar slegs begin.  Die geveg om die vrede te wen.
    Show book