Enjoy 2020 without limits!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Read online the first chapters of this book!
All characters reduced
Ridders van die grondpad - 'n Gids vir avontuur-motorfietse - cover

Ridders van die grondpad - 'n Gids vir avontuur-motorfietse

Deon Meyer

Publisher: Tafelberg

  • 0
  • 0
  • 0

Summary

Nuwe horisonne wink om elke draai wanneer die gewilde misdaadskrywer Deon Meyer en die fotograaf Adriaan Oosthuizen die land se mooiste grondpaaie begin verken. Hulle vertel van die interessante karakters langs die pad en die uitdagings wat hulle moes trotseer in hul soeke na avontuur en asemrowende landskapstonele.

Hul gunstelingroetes strek oor feitlik die hele Suid-Afrika en is gerig op sowel ervare as aspirantgrondpadryers. Die roetebeskrywings lees soos reisverhale en elkeen bied iets nuuts om te ontdek: 'n dramatiese pas, kronkelende riviere, pragtige ou plaasgeboue of 'n afgeleë stuk Karoo-pad.

Die boek bevat ook 'n rygids wat die teorie agter avontuurtoer op grondpaaie verduidelik. Dit verskaf handige wenke, onder meer hoe om regop te bly op 'n sanderige pad, hoe om veilig deur slote en stroompies te kom, hoe om 'n noodstop te doen en hoe om ongelukke te vermy.

- Meer as 30 roetes word beskryf en gegradeer
- Aangrypende landskapsfotografie
- Kleurvolle kaarte illustreer elke roete
- Gids met praktiese wenke vir grondpadry

Other books that might interest you

  • Maak Geld Deur Beroemdes Se Handtekeninge En Nog Vele Meer Te Versamel - cover

    Maak Geld Deur Beroemdes Se...

    Bernard Levine

    • 0
    • 0
    • 0
    Jy kan geld maak deur boeke, gratis handtekeninge, kroeg-biermatjies en selfs doringdraad te versamel!
    Show book
  • Krabbel : Hoe Om Krabbel Te Bemeester In 6 Maklike Stappe - cover

    Krabbel : Hoe Om Krabbel Te...

    The Blokehead

    • 0
    • 0
    • 0
    Voor iemand probeer leer hoe om te krabbel moet hy of sy verstaan wat gekrabbel regtig is.Die word krabbel is Duits, en verwys na ‘n persoon wat ‘n sot was, of eenvoudig op ‘n manier. Die modern betekenis van die word verwys na klein prentjies wat ledig gedoen word  wanneer iemand dink, het begin in die 1930s en kan geheg word aan die stadig wees, vir iemand wat tyd mors.  
    
    
    Al die geskiedenis opsy, ‘n gekrabbel is niks meer as ‘n ongefokusde of onbewuste sketse nie, tipies gemaak terwyl een se aandag veronderstel is om êrens ander gefokus te wees. Dit is hoekom krabbel baie keer ‘n verskyning maak in die bladsygrense van notaboeke of op plak notatjies by die werk; mense wie gebind is in plek en vas sit in ‘n telefoon oproep, lesing ens. sal ‘n pen optel en begin om klein, ongefokusde sketjies maak. Daai is gekrabbel. 
    
    
    Hoe om te Krabbel 
    
    
    Daar is geen regte of verkeerde manier om te krabbel nie, net soos wat daar in die eerste plek geen reg of verkeerde manier is om te skets nie. Krabbel kan grense van ‘n notaboek of plak notatjies net so maklik gebruik as wat hulle ‘n ongerepte wit sketsboek kan gebruik. ‘n Krabbeler kan ‘n nommer 2 potlood, ‘n balpunt pen, of enige ander teken apparaat gebruik wat hy of sy verkies. Solank jy ‘n medium het, is dit moontlik om te krabbel. 
    
    
    Wanneer dit kom by tyd om te krabbel is dit belangrik om jou gedagtes te laat gaan en te fokus op ‘n kreatiewe idee wat op kom. Dalk sien jy ‘n groot letter A op jou briefhoof en besluit om ranke plantjies te teken wat dit omring soos iets uit ‘n ou boek van Grimm’s Fairy Tales. Dalk besluit jy om rose by die rank te teken, verander die A na ‘n volle topiary. Dalk besluit jy om ‘n kasteel bo-op die punt van die A te sit. Dalk teken jy die ranke om te hang en swaai in ‘n ongesiene bries 
    
    
    Gryp die boek om meer te weet
    Show book
  • Kortetjies en 'n lange - cover

    Kortetjies en 'n lange

    PG du Plessis

    • 0
    • 0
    • 0
    Onder die storievertellers is PG du Plessis ’n gerekende en bekende. Nie net op die TV of van die verhoog af nie, maar ook in koerantrubrieke en in die bundels wat reeds in boekvorm verskyn het. Baie van die stories is oorgewerk vir die TV en het in ‘n ander medium gestalte gekry (soos die onsterflike reeks Koöperasie-stories). Het olifante elmboë en Neklis, twee van sy vroegste kort-kortverhaalbundels, gaan nou onder ’n nuwe titel gesamentlik (en met nuwe verhale bygeskryf) ’n heruitgawe beleef. Die titel van die samestelling kom uit die ou slinger-luie van plaas-oproepe: Kortetjies en ‘n lange. Maar nét ‘n heruitgawe is dit nie, want PG het, in sy eie woorde, “aan party stories gepeuter” – onder meer aan dié wat hy tydens sy verhoog-optredes (eers saam met Alexa Strachan en later met Ollie Viljoen, Valiant Swart en Pietman Geldenhuys) vertel het. Van hulle, so sê hy, het hy nou effens in die rêrige verteltrant van ’n verhoog af oorgeskryf, aangedik en verander – want die beperking van die koerante en tydskrifte was van sy nek af. Hulle lees dus anders, ligter en soms uitgesponne vir ’n eerste-aanhoor-verstaan. Dus trek die bepeuterdes allermins op “well-made”, gekristalliseerde kort-kortverhale. Dalk kan mens hulle, in die ware sin van die woord (weer uit PG se mond uit) rêrige bek-vertellings noem. Maar daar is ook die lange by: ’n rasegte kortverhaal wat met sy een voet in die Anglo-Boere-oorlog staan en met die ander een so tussen 1948 en vandag. “Ons mond”, heet hy en aan hom is daar nie ’n jota of tittel verander nie, omdat die verhaal – volgens PG – te waar van sy lewe en te heel in homself is.
    Show book
  • Resepte Vir 'n Bank - cover

    Resepte Vir 'n Bank

    Marco Pingitore

    • 0
    • 0
    • 0
    Die kombuis is 'n noodsaaklikheid voor dat dit 'n kuns is, die minimum vereiste is om jou eetlus te stil, 'n plek waar jy soek na smaak en selfs na die versierings, kreatiwiteit. 
    
    
    Laat ons nie vergeet, ons respek te danke aan baie mense in die wêreld, maar vandag, het hulle nie toegang tot basiese noodsaaklikhede soos kos en water nie. 
    
    
    Hierdie boek is saamgestel om te speel, dit is net 'n manier om van die verskillende resepte te ervaar van die afgelope jare. 
    
    
    Dit is 'n resep 'n bietjie ongewoon, in werklikheid is daar bestanddele wat dalk nie beskikbaar is nie soos met alle tradisionele resepte boeke waar alles maklik in enige supermark verkry kan word;  indien daardie bestanddeel nie beskikbaar is nie vervang dit met iets soortsgelyk sodat die smaak min of meer dieselfde is. Ons is nie te kieskeurig nie!  Natuurlik as jy wil die Genuese pesto sonder basielkruid is 'n rare kommoditeit, maar die verbeelding het geen perke nie, vandag se baie resepte word gebore per ongeluk of deur gebeurlikheid. Of dit inderdaad 'n ontdekking of 'n paar verbeteringe aan die resepte is, sou ek graag wou weet.  
    
    
    Daar is geen streng formules nie, baie geregte het resepte wat aan volkstradisie behoort het nie 'n presiese lys van bestanddele nie, en dit is nie my bedoeling om hulle te los nie.  My voorstel is slegs voorbeelde wat getoets is. 
    
    
     Vertrou my smaak, maar genoeg gepraat: al wat nodig is, is goeie werk en 'n goeie eetlus.
    Show book
  • Jou Kruger-wildtuin gids - met stories - Verkyker grondpad & kaart - cover

    Jou Kruger-wildtuin gids - met...

    Frans Rautenbach

    • 0
    • 0
    • 0
    "As daar 'n plek in die wêreld is wat dit maklik maak om die oomblik te geniet, is dit die wildtuin. Partykeer wil jy net by 'n watergat sit en niks doen nie. Net luister na die geluid van die tarentale in die kreupelhout, die droë grasveld ruik, die hitte op jou vel voel..." Dié gids wys jou presies hoe lekker die Krugerwildtuin kan wees: hoe om maklik wild te sien, wat om te verwag, waar om te bly en wat om te eet. Jou Kruger-Wildtuin Gids is deurtrek van persoonlike ervarings en herinneringe wat die skrywer oor 50 jaar opgedoen het, en praktiese raad oor hoe om die beste uit die wildtuin te kry.
    Show book
  • Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) - cover

    Waarom mans altyd reg is (en...

    André le Roux

    • 0
    • 2
    • 0
    Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede) bevat van die laaste (en skreeusnaaksste) rubrieke wat André le Roux vir Sarie geskryf het. Wat is dit met vrouens en alewig inkopies doen? En hoekom wil mans nooit dokter toe gaan nie? En vir wat moet ’n mansmens dan nou ’n huweliksherdenking onthou, of o wee, eintlik was dit haar verjaarsdag! Met dié jongste bundel sketse van André le Roux kry ’n mens opnuut lag vir die hemelsbreë verskille tussen mans en vroue. En waarom die liefde steeds blind is.
    Show book