Enjoy 2020 without limits!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Read online the first chapters of this book!
All characters reduced
Ikarus - cover

Ikarus

Deon Meyer

Publisher: Human & Rousseau

  • 1
  • 5
  • 0

Summary

Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands – dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za, wat ’n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het. Selfs in normale omstandighede sou die Valke Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het – by Alibi.co.za lieg almal soos tannetrekkers. Maar die omstandighede is nie normaal nie. Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die verdagtes. En op 24 Desember begin ’n jong wynboer bieg voor ’n advokaat in Kaapstad,
wat die hele saak op sy kop keer. Kersfees sal nooit weer dieselfde wees nie.

Other books that might interest you

  • Tödlicher Jahrgang - Ein Baden-Württemberg-Krimi - cover

    Tödlicher Jahrgang - Ein...

    Harald Rudolf

    • 0
    • 0
    • 0
    Harald Rudolf, Jahrgang 1965, ist in der Ortenau groß geworden. Nach Zivildienst in München und vielen Jahren in Berlin, wo er sich am Rande der Autorenfilmszene und inmitten der Off-Theater-Szene bewegte sowie als Taxifahrer den Mauerfall erlebte, zog es ihn nach Freiburg. Dort schrieb er Drehbücher für Lehr- und Informationsfilme der Polizeiakademie Baden-Württemberg. Nach Auslandsaufenthalten kehrte er zurück ins Badische. Rudolf ist verheiratet und lebt als Buchautor und Gerichtsreporter in Offenburg.
    Show book
  • Moord in die beloofde land - cover

    Moord in die beloofde land

    François Bloemhof

    • 0
    • 1
    • 0
    ’n Spanningsvolle roman oor ’n man in wie ’n onbekende mag stadig die oorhand kry. Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswêreld (liefde, seks, die “reëls” van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970’s tot die 1990’s, is vervleg met sy obsessie met die skêrmoordenares Marlene Lehnberg. ’n Boeiende, intrigerende roman – die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn oor te dra.
    Show book
  • Iemand Red My Lewe Vanaand - 'n Justice Sekuriteit Kortverhaal - cover

    Iemand Red My Lewe Vanaand - 'n...

    T. M. Bilderback

    • 0
    • 1
    • 0
     ‘n Dreigende brand noop ‘n sekuriteitswag om te kies om óf homself óf ‘n vyfjarige kind te red. 
    
    
    Hulle staan bekend as die “troepe” – die beamptes in uniform van Justice Sekuriteit. Hulle het nie die gemaklike, hoogs gepubliseerde poste wat die ander personeellede, in gewone kleredrag het nie – hulle is die mense wat in die agtergrond daagliks gesien kan word by banke, kantoorgeboue, en kleinhandelbesighede, waar hulle ‘n veilige omgewing vir kliënte en werkers skep. 
    
    
    Gus Brazzle is een van daardie troepe. Hy is aangestel by ‘n winkel wat handel in tweedehandse boeke, musiek en flieks. Gus is omtrent aangeheg aan die personeel van die winkel, en dink aan hulle as sy familie. Hy het selfs die bynaam “Teddiebeer” gekry, van die vyfjarige dogter van een van die winkel se personeel. 
    
    
    Maar, wanneer ‘n ontevrede kliënt, wat voel hy is te na gekom, besluit om wraak te neem, word dinge dodelik. Gus het ‘n keuse om te maak … maar sal hy dit betyds kan maak?
    Show book
  • Vlakwater - cover

    Vlakwater

    Ingrid Winterbach

    • 0
    • 0
    • 0
    ’n Buitengewone avontuur – iets verrrassends en nuut in Winterbach se oeuvre. – Thys Human
    Die middag kry Niek ’n poskaart in sy posbus. Dis ’n afbeelding van El Greco se skildery van Vincenzo Anastagi. Die boodskap agterop lui: Enige ekstra eksemplare van Vlakwater? V.S. V.S., nè?! Dit kan net Viktor Schoeman wees. ’n Suid-Afrikaanse posseël. Hier gepos dus. Dit voorspel niks goeds nie.
    Ná die verbrokkeling van sy verhouding vestig die kunstenaar Niek Steyn hom in Kaapstad. Wanneer een van Marthinus Scheepers se varke in Niek se tuin beland, raak hulle bevriend.  Charelle Koopman, ’n belowende fotografiestudent wat by Niek loseer, verdwyn eendag sonder waarskuwing, en ’n welaf kunstenaar maak ’n verdagte aanbod op Niek se huis.
    Op Stellenbosch skryf ’n vrou met ’n haaslip ’n monografie oor die videokuns van die Olivier-broers, en word op ’n dag ooggetuie van ’n moord. Kort hierna nader ’n holwangkêrel met ’n maniese blik in sy oë haar met ’n vreemde voorstel . . .
    Show book
  • Vermis op Allesverloren - cover

    Vermis op Allesverloren

    Anchien Troskie as Elbie Lötter

    • 0
    • 2
    • 0
    "Die rykes kyk na mekaar, die armes moet na hulleself omsien. Of alle klein dorpies dit doen, weet ek nie, maar Allesverloren doen dit beslis. Aanmekaar. En die ergste van alles is dat hulle dit nie eens meer agterkom nie. Dit word net van geslag tot geslag so aangegee. Jy raak gewoond daaraan om saam met jou kliek te swem om bo te bly. Ek dink tannie Erta het moeg geraak vir swem. En omdat sy verkies het om anders te leef, het hulle haar verwerp."
    Wanneer Melinda een oggend opstaan, het haar tante Erta eenvoudig spoorloos verdwyn. Hoekom lê die skêr, verf en karton nog op die kombuistafel asof sy onderbreek is? Waarom het sy nie ’n briefie gelos soos sy altyd maak nie? Jare gelede is Erta deur die dorpenaars as ’n heks gebrandmerk oor haar kruierate en eksentrieke gedrag, veral nadat Oudominee begin het met sy vendetta teen haar. Melinda vermoed onraad en al plan wat sy het is om Barrie Barnard, privaatspeurder en buitestander, in te roep om Erta te vind voor dit te laat is.
    Show book
  • Kobra - cover

    Kobra

    Deon Meyer

    • 0
    • 2
    • 0
    Die laaste ding wat kaptein Bennie Griessel van die Valke nodig het, is moeilikheid. Want hy suip dalk al weer, hy lieg vir sy kollegas en sy AA-borg, en die intrek by Alexa Barnard was ’n fout. ’n Karnallie van ’n fout. 
    
    Maar die gastehuis-bloedbad buite Franschhoek was die werk van ’n professionele laksman – drie slagoffers, drie perfekte kopskote. En dis nie net die onverklaarbare gravering van ’n spoegkobra op die koeëldoppies – en die komende mediasirkus – wat Griessel laat bloed sweet nie.
    
    Twee van die oorledenes is lenige militêre tipes. Spesmagte. Of Spoke. 
    
    Moeilikheid. 
    
    Heel agter, in die hoofslaapkamer, is tekens van ’n gestoei, en te veel bewyse dat iemand ontvoer is. Bes moontlik ’n buitelander. 
    
    Groter moeilikheid. 
    
    Maar die paspoort is vals, die Britse konsulaat speel spioenasiespeletjies, en dieselfde huurmoordenaar slaan toe by die Kaapse Waterfront. Boonop neem die staat se duistere Sekuriteitsagentskap die ondersoek oor, en die Valke moet ’n vlugtende, baie vaardige Kaapse sakkeroller dringend opspoor om hul eer – en die demokrasie – te red. 
    Maksimum moeilikheid.
    Show book