As many books as you want!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Read online the first chapters of this book!
All characters reduced
Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale - cover

Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale

Deon Meyer

Publisher: Human & Rousseau

  • 0
  • 4
  • 0

Summary

Deon Meyer se Bottervisse in die jêm was só gewild dat dit keer op keer herdruk is. Hier is dié lekkerleesverhale nou in ’n splinternuwe, hersiene gedaante. Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale sluit boonop vyf verhale in wat nog nooit voorheen gebundel is nie, onder meer die titelverhaal wat oorsprong gegee het aan die gelyknamige trefferfilm. In hierdie versameling ontlok elke storie ’n gevoel van deernis met die karakters, of ’n uitbundige skaterlag. Die romantiek, hoewel onkonvensioneel, is sterk aanwesig, en soos verwag kan word van Suid-Afrika se internasionaal gevierde misdaadskrywer bly spanning en intrige ook nie agterweë nie! Van eerste tot laaste verhaal krul die leser se tone van pure leesplesier.

Other books that might interest you

  • Kronkelende Verhale - Feëverhale #3 - cover

    Kronkelende Verhale - Feëverhale #3

    Ronel Janse van Vuuren

    • 0
    • 0
    • 0
    Nagmerries. 
    Wesens van duisternis. 
    Mitiese monsters. 
    Terwyl hulle almal besig is met hul lewens, word fluisteringe van verandering gedra op die rimpels van die Ryke wat bots. 
    Sal hulle getrou bly aan hul aard of toelaat dat verandering hulle oorkom? 
    Gebruik die skuifbalk boontoe om nou te koop! 
    *Hierdie is die derde boek in die Feëverhale reeks.
    Show book
  • Kettie Kind - cover

    Kettie Kind

    Jacobus Gideon Louis Nieuwoudt

    • 0
    • 2
    • 0
    EK IS 'N KETTIE KIND. 
     
    Verskeie gewigtige kortverhale in die noot van jou ouers se gunsteling sokkie dans treffer op steroids. 
     
    My naam is Jacobus Gideon Louis Nieuwoudt en ek is 'n Boere Punk. 'n Boere Punk, natuurlik, is iemand wat die gees van die bittereinder van oud uitleef in literatuur, op so 'n boeiende en kreatiewe manier, dat dit die leser vermaak, iets leer, en boonop nog sosiale kommentaar ook lewer. 'n Boere Punk gebruik genre fiksie op 'n radikale manier om sy leser te roer. Dit kan net so teer en mooi wees, as wat dit rof en onbeskof is. 
     
    Alles is tot jou beskikking om jou punt te maak, en niks is verbode nie. 
     
    Hoe sê hulle? 'n Boer maak 'n plan, maar 'n Boere Punk maak seker daar's iets om oor te lag daarby. 
     
    Jy mag my dalk like, maar jou moeder gaan my wil vet voer, skattebol. 
     
    Show book
  • Die rugkant van die bruid - cover

    Die rugkant van die bruid

    Rachelle Greeff

    • 0
    • 1
    • 0
    ’n Eietydse bundel kortverhale waarin die vrou skerp na vore tree, maar altyd sprekend van die hele uitgelewerde mensdom wie se bestaan alte dikwels verydel word deur teenstrydige, byna ironiese situasies. Rachelle Greeff is met die CNA-debuutprys bekroon vir dié eersteling-bundel.
    Show book
  • Margie van die seminary en ander verhale - cover

    Margie van die seminary en ander...

    Winnie Rust

    • 0
    • 2
    • 0
    Die verhale van ses vroue wat hul op een of ander tyd in Wellington bevind het, word met ‘n fyn hand aanmekaargeweef. ’n Skrywer onthou haar ma se verhaal oor hoe sy onwillig voor die liefde geswig het na haar jare in die Wellingtonste Seminary. In die aftreeoord waar haar ma gebly het, kom sy af op die agterkleinkind van Elizabeth Rolland, ’n sendelingsvrou. Van hier volg sy die spore na van nog vroue wat hul eens op ’n tyd in Wellington bevind het
    Show book
  • Stoffel in Afrika - cover

    Stoffel in Afrika

    Christiaan Bakkes

    • 0
    • 1
    • 0
    Hierdie vyfde bundel oor die wel en wee van Stoffel Mathysen – veldkenner, bewaringskundige en safarileier – bied ’n nuwe invalshoek en nuwe ervarings. Hoewel hy reeds dekades lank in Suider-Afrika werk, neem sy ekspedisies na Midde-Afrika hom tot in die hart van die ware, ongetemde Afrika. Om skatryk kliënte op die gesogte gorillasafari’s in Uganda en Rwanda te begelei, is nie altyd so glansryk soos dit klink nie, maar met sy kenmerkende humor, fyn mensekennis en ironiese kyk maak Stoffel telkens daarvan ’n andersoortige avontuur. Deur dit alles en oor alles heen strek sy gedagtes en gesprekke in ’n durende poging om Afrika te deurgrond. Hierdie verhale volg opnuut ’n kronkelpad deur Stoffel se kleurryke lewe: sy vroeë jare as wildbewaarder en sy werk as soldaat en teenstroper-veldwagter, sy tyd as WWF-beampte in die Kaokoveld, en sy huidige betrokkenheid in Damaraland by die bewaring van swartrenosters. Die leser leer ook die heel persoonlike Stoffel ken, saam met sy geliefde Nina en hulle troeteldiere – wat altyd sorg vir ’n krisis of twee!
    Show book
  • Die rooikop en die redakteur en ander stories - 1955-1959 - cover

    Die rooikop en die redakteur en...

    André Brink

    • 0
    • 0
    • 0
    In hierdie versamelbundel bring H&R vroeë verhale deur een van Afrikaans se belangrikste skrywers in een band byeen. Vóór die Sestiger-beweging en internasionale literêre aansien het André Brink sy loopbaan begin as skrywer van spannings- en liefdesverhale met. Die vermaaklike stories in dié bundel het gedurende die 50’s in die Die Huisgenoot en Die Brandwag verskyn. ’n Kombinasie van Brink se eiesoortige humor met ’n tikkie nostalgie – perfek vir ’n ouer én nuwe geslag lesers.
    Show book