Junte-se a nós em uma viagem ao mundo dos livros!
Adicionar este livro à prateleira
Grey
Deixe um novo comentário Default profile 50px
Grey
Assine para ler o livro completo ou leia as primeiras páginas de graça!
All characters reduced
Jakkals Vrou In Rooi - cover
LER

Jakkals Vrou In Rooi

Dawn Brower

Editora: Tektime

  • 0
  • 1
  • 0

Sinopse

Om haar droom op te gee is die laaste ding wat sy wil doen, maar sy sal dalk moet kies tussen haar droom en die man sonder wie sy nie kan lewe nie.Collin Evans, Die Graaf van Frossly word forseer om na sy voorvaderlike landgoed terug te keer na jare wat hy die verantwoordelikheid vermy het. Sy landgoed bestuurder het bedank en dis nou sy werk om te verseker sy huurders en werkers ly nie onder sy verwaarlosing nie.
Hy het nooit verwag om ‘n verloklike vrou wat om elke hoek en draai hom uitlok te vind nie. 
Nadat ‘n skandaal uitbars word Gravin Charlotte Rossington platteland toe gestuur om by ‘n oujongnooi tante te gaan bly. Wat haar vader glad nie besef nie, is dat dit juis haar doel was. Sy haat die London samelewing en wil ‘n roman skryf en die seisoen verhoed daardie strewe. Terwyl sy kuier, kruis haar pad met die Graaf van Frossly. Hy is aantreklik soos die sonde self en een van die goddelooslikste skurke wat sy al ooit teëgekom het. Sy is aangetrokke tot hom en eindig meer op in sy arms as agter haar skryftafel. 
Om haar droom op te gee is die laaste ding wat sy wil doen, maar sy sal dalk moet kies tussen haar droom en die man sonder wie sy nie kan lewe nie.
PUBLISHER: TEKTIME
Disponível desde: 03/01/2022.

Outros livros que poderiam interessá-lo

  • Maan Dans - Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een - cover

    Maan Dans - Verbind Deur Bloed...

    Amy Blankenship

    • 1
    • 2
    • 0
    Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
    Ver livro
  • Skerwe Van Haar Siel - cover

    Skerwe Van Haar Siel

    KarnaS

    • 0
    • 0
    • 0
    Sy fris bruingebrande bolyf, gespierde arms... sy lang swart hare wat laag teen sy rug afhang!!! Hoe baie keer het sy nie gewens hy kan haar teen hom vasdruk en se hy is lief vir haar nie. Maar nog elke keer as Kabous van Niekerk na Canaro kyk, was daar vlinders in haar maag. n Paar maande voor haar 19de verjaardag, het iets gebeur, wat al lankal moes gebeur het!. Kabous het geweet een of ander tyd sou dit moes gebeur...
    Ver livro
  • Mooiplaas - Waar Liefde en Hoop Nuwe Wortels Skiet - cover

    Mooiplaas - Waar Liefde en Hoop...

    Christo Juan Malan

    • 0
    • 0
    • 0
    MOOIPLAAS
     
    ʼn Roerende verhaal van ’n jong weduwee op ’n plaas in Malmesbury, wat na haar man se afsterwe meer as ’n jaar gelede, een oggend besluit het genoeg is genoeg. Rebecca Viljoen moet die lewe weer in die oë kyk terwille van haar kinders. Daar is ʼn laksheid onder die plaaswerkers volgens haar en daarom neem sy toe ʼn besluit dat sy dinge van vandag af gaan vasvat. Jacob Minnaar is die plaasvoorman en behartig alleen die boerdery en daarom het hy sy hande behoorlik vol om alles te behartig. Hy worstel ook met sy eie verlede, maar dit is natuurlik onbekend aan Rebecca.
     
    Jacob was ook Rebecca se oorlede man se boesemvriend en dus beteken die plaas vir hom baie. In die volgende paar maande ontvou allerlei onverwagte gebeurtenisse. Sonder dat enige een dit besef word die plaas en sy mense in ʼn spesifieke rigting gestuur. Konflik, emosies, bedrog en self erkenning is van die omstandighede wat plaasvind. Asof daar nie al genoeg smart op die plaas was nie, vind daar boonop ook ʼn plaasaanval plaas. Hierdie plaasroman is uiters boeiend en sal jou hart vinnig laat gryp na sneesdoekies...
    Ver livro
  • Duine van die Dood - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 14 - cover

    Duine van die Dood - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    Haar Paryse drome het in ’n Sahara nagmerrie ontaard.
     
    Met haar man vermoor, is sy nou die prys vir die mees genadelose skurke in die woestyn.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Denise Ormonde se wêreld van liefde en luuksheid word verbrysel wanneer ’n wrede verbanneling, vermom as ’n Legioensoldaat, haar afgeleë buitepos binne dring. Nou ’n gevangene, is sy ’n pion in ’n dodelike spel. Sy word gedwing om staat te maak op ’n moed wat sy nooit geweet het sy besit nie, om die brutale mans te oorleef wat haar as niks meer as oorlogsbuit beskou nie.
     
    In hierdie selfde maalkolk is Sersant Stegmann en sy klein, geharde groep Franse Vreemdelegioen soldate. Oortref in getal en wapens, word hulle op ’n onmoontlike missie gestuur. Spoor die onbekende ruiters op, red die vrou, en oorleef die genadelose Duine van die Dood. Maar hulle vyande is nie net skurke nie. Die woestyn self is ’n moordenaar, en verraad skuil agter elke duin.
     
    Die netelige situasie vererger drasties wanneer ’n onskatbare kaart van die Sahara se verborge olie rykdomme die uiteindelike prys word. Met ’n waansinnige man se leër wat vinnig nader kom, moet Stegmann se span nie net vir hul eie lewens en Denise se vryheid veg nie, maar ook om ’n geheim te keer wat ’n groot oorlog kan ontketen.
     
    Hierdie hoë oktaan aksie-avontuur-riller is ’n meedoënlose reis na die hart van gevaar. Perfek vir aanhangers van klassieke, polsende spanning en rou, hoë spanning en misterie wat jou asemloos sal laat.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike veertiende Sahara-avontuur!
    Ver livro
  • Die Geheim van Fort Laval - 'n Suid-Afrikaanse Held se Stryd in die Franse Vreemdelegioen Boek 40 - cover

    Die Geheim van Fort Laval - 'n...

    Meiring Fouche

    • 0
    • 0
    • 0
    Tien legioensoldate het die helse storm van die Sahara oorleef.
     
    Hulle moes in die duine gesterf het, want wat by Fort Laval vir hulle gewag het, was veel erger.
     
    Sahara woestyn, 1940-1960. Sersant Teuns Stegmann, ’n Suid-Afrikaanse legioensoldaat wat deur ’n persoonlike soektog geteister word, het sy uitgeputte manne deur sand en vuur na hul enigste toevlug gesleep. Maar in plaas van veiligheid, vind hulle ’n stil vesting van die dood. Aasvoëls vier fees op die borswerings, ’n kriptiese boodskap is in bloed geskryf, en die enigste siel wat nog lewe, is ’n pragtige, wraaksugtige vrou wat die sleutel tot hul vernietiging hou.
     
    Vasgevang deur ’n onverbiddelike leër, duisende sterk en verraai vanuit sy eie geledere, word Stegmann in ’n dodelike beleg vasgevang. Oorgawe beteken ’n grusame, antieke teregstelling, maar om te veg is ’n selfmoord sending. Om sy manne te red, moet hy ’n geraamte uit sy verlede konfronteer en ’n vyand uitoorlê wat elke beweging van hom dophou, want in die Sahara woestyn is die gevaarlikste wapen, hoop self.
     
    Hierdie roman, wat die klassieke meedoënlose aksie van die Franse Vreemdelegioen meng met die spanning van ’n moderne riller, is ’n onverbiddelike bestemming tot chaos. Perfek vir aanhangers van Wilbur Smith en Lee Child wat smag na verhale van oorlewing teen onmoontlike kanse.
     
    Begin vandag nog lees aan hierdie onvergeetlike veertigste en laaste Sahara-avontuur! 
    Ver livro
  • Verslawende Bloed - Bloedgebonde Boek 11 - cover

    Verslawende Bloed - Bloedgebonde...

    Amy Blankenship, RK Melton

    • 0
    • 0
    • 0
    Michael vind dat die bloed van magtige onsterflikes soms nie meng nie, selfs wanneer hulle sielsgenote is en in die hitte van passie is. 'n Paringsmerk is 'n simbool van besit, maar vir Michael is daardie klein smaak van bloed sy ondergang. Die bloed van die Gevalle is bedrieglik verleidelik vir 'n Songod en die kragtige stormloop wat Michael ontvang, is baie verslawend. Om Aurora teen homself te beskerm, begin Michael om die kragtigste demone in die stad te jag om sy donker drang te bevredig. Soos die swart bloed binne sy are pols, verloor Michael homself aan die stormloop en word net so gevaarlik soos die demone wat hy jag.PUBLISHER: TEKTIME
    Ver livro