Discover new books each day!
Add this book to bookshelf
Grey
Write a new comment Default profile 50px
Grey
Read online the first chapters of this book!
All characters reduced
Soul Surfer - op golwe van geloof (eBoek) - Die ware verhaal van 
geloof wat alles oorwin - cover

Soul Surfer - op golwe van geloof (eBoek) - Die ware verhaal van geloof wat alles oorwin

Bethany Hamilton

Publisher: Christelike Uitgewersmpy

  • 0
  • 2
  • 0

Summary

Toe Bethany Hamilton deur ’n haai aangeval is, het sy gereageer met die kalmte van ’n tienermeisie met God aan haar kant. “Wanneer kan ek weer gaan surf?” was die eerste vraag wat sy gevra het ná haar nood-operasie. 
     SOUL SURFER – OP GOLWE VAN GELOOF is die ware verhaal van dié jong meisie se geestelike standvastigheid en geloof wat alles oorwin. Sy het ’n slegte ervaring omskep in ’n geleentheid om haar geloof en siel met die wêreld te deel. 
     As surfer wys Bethany se deursettingsvermoë dat die siel ook in surfing belangriker is as die liggaam. Sy deel kleurfoto’s uit haar persoonlike album en skryf ook oor die geskiedenis van surfing.
     SOUL SURFER – OP GOLWE VAN GELOOF is die inspirasie agter die gewilde fliek Soul Surfer en bevat ’n fliekjoernaal van Bethany se ervaring van die verfilming en spesiale onderhoude met akteurs en die regisseur van die fliek.

Other books that might interest you

  • Lied van 'n gebroke hart - cover

    Lied van 'n gebroke hart

    Sheila Walsh

    • 0
    • 0
    • 0
    Ava is ’n ma en eggenoot wat die meeste van haar tyd as ’n vrywilliger by ’n niewinsgewende
    organisasie vir gesinne in krisis spandeer.
    Maar terwyl Ava ander deur hulle swaarkry help, dra sy haar eie hartseer en ’n
    verlede wat sy agter die masker van ’n gelukkige huwelik en gesin wegsteek. Min
    mense besef dat haar lewe besig is om uitmekaar te val en Ava begin wonder
    hoekom sy nie haarself kan help soos sy ander mense help nie.
    Sy besef dat sy ’n klipmuur om haar hart gebou het om haar gesin teen haar
    ongelukkige kinderjare te beskerm. Maar dit is eers wanneer die voordeurklokkie
    eendag lui dat sy die deur oopmaak vir alles oor haar verlede en familie wat sy tot
    dusver nie kon verwerk nie.
    Haar enigste opsie is om deur Texas te reis, terug na die kinderwêreld wat sy
    twintig jaar gelede agtergelaat het sonder om terug te kyk. Op pad ontmoet sy
    gawe vreemdelinge wat haar laat nadink oor die betekenis van hoop en vergifnis.
    Stadig leer Ava dat God nog altyd deur haar swaarkry besig was om ’n lieflike lied
    in haar gebroke hart te komponeer
    Show book
  • Goeie leiers vra die regte vrae (eBoek) - Jou grondslag vir suksesvolle leierskap - cover

    Goeie leiers vra die regte vrae...

    John C. Maxwell

    • 1
    • 1
    • 0
    In Goeie leiers vra die regte vrae verken John C. Maxwell die proses van hoe om ’n suksesvolle leier te word deur die regte vrae te vra en tot jou voordeel aan te wend. Wat is die vrae wat leiers hulleself behoort te vra? Watter vrae moet hulle hul spanlede vra? Hy reageer dan op van die taaiste leierskaptameletjies wat leiers onder sy aandag gebring het.
    Deur middel van sosiale media het John Maxwell aan leiers die geleentheid gebied om vrae te stel oor hoe om hul volle potensiaal te bereik. Hy het toe 70 vrae oor die gewildste onderwerpe gekies, waaronder:
    
    Hoe kan ek my unieke doel as leier ontdek?
    Wat is die belangrikste daaglike gewoonte wat ’n leier behoort aan te leer?
    Hoe motiveer jy iemand wat geen dryfkrag het nie?
    Hoe werk jy saam met ’n moeilike leier wat geen visie het nie?
    
    Goeie leiers vra die regte vrae is ’n deeglik deurdagte antwoord aan daardie leiers en aan elkeen wat voel dat hulle ’n plato bereik het op hul leierskapreis. Elke leier het die potensiaal om verder te groei. Die raad in hierdie boek sal lesers help om hulle huidige posisie te evalueer en ’n effektiewe plan te ontwikkel om hul doelwitte te bereik.
    Show book
  • Apokriewe (eBoek) - Verlore boeke uit die Bybelse tyd - cover

    Apokriewe (eBoek) - Verlore...

    Jan Van der Watt, Francois Tolmie

    • 0
    • 3
    • 0
    Naas die 66 boeke wat ons in die Bybel vind, is daar ook ander geskrifte wat uit die tyd van die Ou en Nuwe Testament dateer, naamlik die Apokriewe Boeke. Hierdie verlore boeke uit die Bybelse tyd is nou nuut vertaal in moderne Afrikaans. 
         Die APOKRIEWE maak vir lesers die venster oop tot ’n beter begrip van die denk- en leefwêreld van die vroeë Christene en die ou kerkvaders. Dit bied belangrike inligting oor die intertestamentêre tyd en gee antwoorde op vrae waaroor talle Bybellesers wonder. Dit bevat Ou-Testamentiese Apokriewe soos Die Wysheid van Ben Sirag, 1 en 2 Makkabeërs, Tobit en Die Wysheid van Salomo. Die Nuwe Testament sluit boeke soos Die Kindheidsevangelie van Tomas, Die Evangelie van Maria, Die Didagé en Die Openbaring van Paulus in.
         In die APOKRIEWE sal lesers die fassinerende wêreld van die vroeg-Christelike biblioteek ontdek.
    Show book
  • Heeltyd by God - cover

    Heeltyd by God

    Milanie Vosloo

    • 1
    • 0
    • 0
    Hierdie lieflike gebedeboek is die ideale geskenk vir vroue van enige ouderdom. Die sewe onderafdelings: God op my lessenaar; In my twyfel; Ek stres, Here; Reisgenoot; Verander my; Vir die mense wat ek liefhet; Vir altyd en altyd is tydlose gebede vanuit Milanie Vosloo se hart. Die gebede is kort, intieme gesprekke met God wat die leser sal lei om weer stil te word en ‘n ontmoeting met God in die alledaagse dinge van die lewe te ervaar. Die boek is pragtig verpak in hardeband. Om Heeltyd by God te wees spreek van ‘n lieflike lewe wat vrug dra vir Hom.
    Show book
  • Die koning se wingerd - cover

    Die koning se wingerd

    F. A. Venter

    • 0
    • 0
    • 0
    Agab staan verskeurd. Moet hy getrou bly aan die ou Israelitiese waardes, of kan hy sy heidense vrou, die skone en geslepe prinses Isebel, volg die afvallige tydsgees in? Teenoor die lis van Isebel staan die skraal, profetiese figuur van Elia. Elia wat die droogte oor Israel voorspel, die profete van Baäl in 'n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis uitspreek. Hierdie boek vertel ook die verhaal van Nabot, godvresend, maar nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Nabot se seun Johanan vir Ada, die dogter van hul dienskneg. Dan is daar Johanan en God se plan om Israel te verlos van Agab se slegte regering... Die geliefde skrywer F.A. Venter herskep die wêreld van Agab, Nabot en Johanan, die vroue in hul lewens, en die politieke strome wat hul omring het, met die gesag van iemand wat diep nagevors en gedink het. Hy laat dié aangrypende stuk Bybelse geskiedenis opnuut leef in fyn besonderhede, en die Bybelse waarhede wat só deurskemer is verstommend relevant vir vandag.
    Show book
  • Max oor die lewe - Inspireerende antwoorde op jou lewensvrae - cover

    Max oor die lewe - Inspireerende...

    Max Lucado

    • 0
    • 0
    • 0
    Het jy vrae oor die lewe?
    In meer as dertig jaar in die bediening het Max Lucado al baie vrae be­antwoord en met ’n hele paar van sy eie vorendag gekom.
    Dit sluit in groot vrae oor die lewe en geloof, hemel en hel; moeilike vrae oor kwessies soos oorlog en aardverwarming; en meer praktiese (maar tog belangrike) vrae soos hoe om beter met ander oor die weg te kom.
    Hierdie boek is ’n versameling van Lucado se antwoorde op die vrae wat hy die meeste gevra word. Dit bied klassieke Lucado-aanmoediging en -insig – op die man af, maar ook simpatiek, eerlik, gesaghebbend en een­voudig, maar altyd prakties.
    Max Lucado gee nie voor dat hy die laaste sê het oor moeilike kwes­sies nie. Maar vraag vir vraag rig hy die leser se oë op die Een wat die allerlaaste ant­woord is op al ons hoe’s, wanneers, waars en hoekoms. En is dít nie waaroor die lewe werklik gaan nie?
    
    Max Lucado het oor die afgelope 25 jaar meer as 60 boeke geskryf en meer as 65 miljoen kopieë daarvan is verkoop. Dit sluit in boeke vir volwassenes, geskenkboeke, kinderboeke en oorden­kings. Verskeie van sy boeke het op topverkoperlyste van gesaghebbende publikasies, soos die New York Times, verskyn.
    Show book